Julia Gillard (gebore op 29 September 1961 in Barry, Wallis, Verenigde Koninkryk) was sedert 24 Junie 2010 die eerste minister van Australië. In 'n leierskapstryd het haar voorganger Kevin Rudd, haar op 26 Junie 2013 verslaan as leier van die Arbeidersparty, met gevolg dat sy dieselfde dag as eerste minister bedank het, met ingang 27 Junie 2013.
Tydens die leierskapstryd het sy onderneem om haar uit die politiek te onttrek indien sy die stryd sou verloor.
Eksterne skakels
- http://www.aph.gov.au/house/members/member.asp?id=83L Geargiveer 1 Julie 2010 op Wayback Machine
- http://www.alp.org.au/julia-gillard Geargiveer 10 November 2010 op Wayback Machine
