factograf
AF

Joseph Goebbels

Joseph Goebbels

Key facts

geboortedatum29 Oktober 1897
sterfdatum01 Mei 1945
beroeppolitikus
geboorteplekRheydt
sterfplekBerlyn
eggenootMagda Goebbels
lid van politieke partyNazi-party
hoogte1,65m
massa63 kg
beskryf deur bronGoebbels: Eine Biographie
All data from the card 16
President
Karl Dönitz
Voorafgegaan deur
Adolf Hitler
Opgevolg deur
Lutz Graf Schwerin von Krosigk (waarnemend)
Eerste minister
Adolf Hitler
Voorafgegaan deur
Amp gesskep
Opgevolg deur
Werner Naumann
Voorafgegaan deur
Ernst Schlange
Opgevolg deur
Amp afgeskaf
Voorafgegaan deur
Amp geskep
Opgevolg deur
Amp afgeskaf
Gebore
29 Oktober 1897 Rheydt, Koninkryk Pruise, Duitse Keiserryk
Sterf
1 Mei 1945Berlyn, Nazi-Duitsland
Politieke party
Nasionaal-Sosialistiese Duitse Arbeidersparty
Eggenoot/-note
Magda Ritschel
Kind(ers)
6
Alma mater
Universiteit van BonnUniversiteit van WürzburgUniversiteit van FreiburgUniversiteit van Heidelberg

Paul Joseph Goebbels (29 Oktober 1897 in Rheydt – 1 Mei 1945 in Berlyn) was een van die bekendste en invloedrykste Duitse politici in die tyd van die Nasionaal-Sosialisme en een van Adolf Hitler se naaste vertrouelinge.

As Gauleiter (plaaslike partyleier) van Berlyn ('n amp wat hy sedert 1926 beklee het) en as Reichspropagandaleiter het hy vanaf 1928 'n beslissende rol by die Nasionaal-Sosialistiese Duitse Arbeidersparty (NSDAP) se uitbreiding in die laaste fase van die Republiek van Weimar gespeel. Tussen 1933 en 1945 het hy as ryksminister vir volksvoorligting en propaganda en as leier van die Reichskulturkammer gefungeer. Sodoende was hy in staat om die Duitse perswese, uitsaaidienste, rolprentvervaardiging en die hele kultuurbedryf in die gees van die Nasionaal-Sosialisme te herorganiseer.

Met sy doeltreffende propaganda het Goebbels 'n breë massa van die Duitsers aangespreek en groot geesdrif vir Hitler en sy Nasionaal-Sosialistiese gedagtes gewek. Tydens die Tweede Wêreldoorlog was hy mede-verantwoordelik daarvoor dat die bevolking selfs ná die strawwe wending van die oorlog laat in 1942 steeds bereid was om Hitler se doelwitte te steun. As gevolmagtigde vir die totale oorlogsinspanning het hy vanaf Julie 1944 daarvoor gesorg dat nog eens honderdduisende weerbare mans tot krygsdiens opgeroep is.

Met sy anti-semitiese propaganda het Goebbels die pad vir die moord op ses miljoen Europese Jode berei en die pogroms ontketen wat op 9 November 1938 dwarsoor Duitsland plaasgevind het. Tydens die oorlog het steeds weer die deportasie van Joodse burgers geëis, selfs al het hy geweet dat hulle na verdelgingskampe vervoer is.

Sy uitvoerige dagboeke, wat hy vanaf 1924 tot en met die dag van sy selfmoord in 1945 gehou het, word as 'n belangrike bron vir die geskiedenis van die NSDAP en die Derde Ryk beskou.

Bronne

  • Balfour, Michael (1979). Propaganda in War, 1939–1945: Organisations, Policies, and Publics, in Britain and Germany. Routledge & Kegan Paul. ISBN 978-0-7100-0193-1.
  • Beevor, Antony (2002). Berlin: The Downfall 1945. London: Viking-Penguin Books. ISBN 978-0-670-03041-5.
  • Carsten, F. L. (1989). "The Goebbels Diaries". The Historical Journal. 32 (3): 751–756. doi:10.1017/S0018246X00012553. ISSN 0018-246X. JSTOR 2639546. S2CID 162978039.
  • "Joseph Goebbels with family. Picture 146-1978-086-03". Bundesarchiv. 1940–1942. Besoek op 9 Augustus 2020.
  • "Datenbank der deutschen Parlamentsabgeordneten. Basis: Parlamentsalmanache/Reichstagshandbücher 1867 – 1938". www.reichstag-abgeordnetendatenbank.de. Besoek op 18 September 2020.
  • Dollinger, Hans (1967) [1965]. The Decline and Fall of Nazi Germany and Imperial Japan. New York: Bonanza. ISBN 978-0-517-01313-7.
  • Evans, Richard J. (2005). The Third Reich in Power. New York: Penguin. ISBN 978-0-14-303790-3.

Read next

In 103 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article