factograf
AF

Jean Grey

Jean Grey

Key facts

is 'nMutant (Marvel Comics)
beroepmodel, student
geboorteplekAnnandale-on-Hudson
eggenootCyclops
kunstenaarFamke Janssen
All data from the card 6
Eerste verskyning
The X-Men #1(September 1963)
Geskep deur
Marvel Comics Stan Lee en Jack Kirby
Ander name
Jean Elaine Grey
Byname
Marvel GirlPhoenixDark PhoenixWhite PhoenixRedd Dayspring
Spesie
Mutant
Geslag
Vroulik

Jean Elaine Grey is 'n karakter in strokiesverhale van Marvel Comics. Sy is ook bekend as onder andere Marvel Girl, Phoenix en Dark Phoenix. Sy is deur die skrywer-redakteur Stan Lee en kunstenaar Jack Kirby geskep en het die eerste keer in The X-Men #1 (September 1963) verskyn. Jean is lid van 'n subspesie bekend as mutante, wat met bomenslike vermoëns gebore word. Sy is met psioniese kragte gebore.

Haar kragte het die eerste keer tot uiting gekom toe sy sien hoe 'n vriendin uit haar kinderdae deur 'n motor getref word. Sy is 'n deernisvolle, sorgsame mens, maar sy moet dit ook hanteer dat sy 'n mutant is en kan verander in die kosmiese Phoenix Force. Jean ondergaan 'n transformasie in Phoenix in die X-Men-storielyn "The Dark Phoenix Saga". Sy het deur die geskiedenis van die reeks dikwels gesterf. Haar eerste dood was onder die dekmantel van Marvel Girl, waarna sy as Phoenix "herbore" is in "The Dark Phoenix Saga". Dié transformasie lei tot haar tweede dood, weens selfmoord, maar nie haar laaste dood nie.

Jean is ook 'n belangrike figuur in die lewe van ander karakters van die Marvel Universe, meestal die X-Men, insluitende haar man, Cyclops, haar mentor en vaderfiguur, Charles Xavier, haar onbeantwoorde liefde, Wolverine, haar beste vriendin en sustersfiguur, Storm, en haar kinders.

Jean Grey is al beskryf as een van Marvel se merkwaardigste en sterkste heldinne.

Skakels

  • Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.

Read next

In 41 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article