factograf
AF

Iwan Bilibin

Iwan Bilibin

Key facts

geboortedatum04 Augustus 1876
sterfdatum07 Februarie 1942
beroepskilder
sterfplekSint Petersburg
All data from the card 6
Geboortenaam
Iwan Jakowlewitsj Bilibin (Ива́н Я́ковлевич Били́бин)
Gebore
16 Augustus 1876Sint Petersburg
Sterf
7 Februarie 1942 (op 65)Leningrad
Nasionaliteit
Russies
Veld
Illustrasies, verhoogontwerp
Beïnvloed deur
Slawiese mitologie Tradisionele Japannese kuns

Iwan Jakowlewitsj Bilibin (Russies: Ива́н Я́ковлевич Били́бин; 16 Augustus 1876 – 7 Februarie 1942) was een van die invloedrykste 20ste-eeuse illustreerders en verhoogontwerpers in Rusland. Dwarsdeur sy loopbaan is hy sterk deur die Slawiese mitologie beïnvloed.

Bilibin is in ’n voorstad van Sint Petersburg gebore. Hy het onder andere onder Ilja Repin studeer en daarna sy studies in München voortgesit. In 1902–1904 het hy in die noorde van Rusland gereis waar hy betower is deur ou houtgeboue en Russiese folklore. Hy het sy bevindings in 1904 gepubliseer in die monografie Volkskuns van die Russiese Noorde. Nog ’n groot invloed op sy werk was tradisionele Japannese kuns.

Bilibin het in 1899 bekend geword toe hy sy innoverende illustrasies van Russiese feëverhale gepubliseer het. Tydens die Russiese Rewolusie van 1905 het hy rewolusionêre tekenprente gemaak. Die Oktober-revolusie het hom egter nie geval nie. Ná kort rukke in Kaïro en Alexandrië het hy in 1925 in Parys gaan woon. Daar het hy private huise en Ortodokse kerke versier. Hy het egter na sy vaderland verlang en nadat hy die Sowjet-ambassade in 1936 versier het, het hy na die Sowjetunie teruggekeer waar hy klas gegee het tot in 1941. Bilibin is tydens die Beleg van Leningrad dood.

Geselekteerde werke

Die handelaars besoek tsaar Saltan (1905).
Die handelaars besoek tsaar Saltan (1905).
Verhoogdekor vir die opera Die Goue Haan (1909).
Verhoogdekor vir die opera Die Goue Haan (1909).
Tsaar Dadon voor die Sjemacha-koningin in Die Goue Haan (1906).
Tsaar Dadon voor die Sjemacha-koningin in Die Goue Haan (1906).
Die Verhaal van Igor se Veldtog
Die Verhaal van Igor se Veldtog
Baba Jaga uit Wasilisa die Mooie (1899).
Baba Jaga uit Wasilisa die Mooie (1899).
Die Rooi Ruiter uit Wasilisa die Mooie (1899).
Die Rooi Ruiter uit Wasilisa die Mooie (1899).
Iwan Tsarewitsj vang die vuurvoël se veer (1899).
Iwan Tsarewitsj vang die vuurvoël se veer (1899).
Dobrinja Nikititsj red Zabawa van Gorinitsj.
Dobrinja Nikititsj red Zabawa van Gorinitsj.
Ilja Moeromets en Solowei die Rower.
Ilja Moeromets en Solowei die Rower.
Alkonost.
Alkonost.
Regspleging van die Roes.
Regspleging van die Roes.
Sadko.
Sadko.
12 images

Skakels

  • Iwan Bilibin by www.artcyclopedia.com
  • Iwan Bilibin by www.scumdog.demon.co.uk
  • Bilibin-illustrasies vir feëverhale Geargiveer 9 Januarie 2006 op Wayback Machine
  • Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Ivan Bilibin

Read next

In 40 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article