Huizhou (Chinees: 惠州) is 'n stad in die Chinese provinsie Hunan met 'n bevolking van 4 597 002 in 2010. Die stad is geleë in die suidooste van China naby die monding van die Parelrivier in die Suid-Chinese See.
Huizhou grens in die weste aan Guangzhou, in die noorde aan Shaoguan in die noordooste aan Heyuan, in die ooste aan Shanwei, in die suidweste aan Shenzhen en Dongguan en lê noordoos van Hongkong en Macau.
