factograf
AF

Hugh Jackman

Hugh Jackman

Key facts

geboortedatum12 Oktober 1968
beroepsanger, rolprentvervaardiger, musikant
geboorteplekSydney
eggenootDeborra-Lee Furness
bekend virX-Men
All data from the card 3
Geboortenaam
Hugh Michael Jackman
Geboorte
12 Oktober 1968
Aktiewe jare
1994-tans

Hugh Michael Jackman (gebore op 12 Oktober 1968) is ’n Australiese akteur, sanger en rolprentvervaardiger. Hy het al internasionale pryse gewen vir sy rolle in groot flieks, gewoonlik as ’n superheld, periode- of romantiese karakter.

Jackman is die bekendste vir sy herhaaldelike uitbeelding van Wolverine in die X-Men-fliekreeks sowel as vir sy hoofrol in die romantiese komediefantasie Kate & Leopold (2001), die aksiegruwelprent Van Helsing (2004), die rillerdrama The Prestige (2006), die epiese geskiedenisdrama Australia (2008) en die riller Prisoners (2013). Hy het sy eerste Oscar-benoeming en Golden Globe gekry vir sy rol in Les Misérables (2012). In teater het hy ’n Tony gewen vir sy spel in The Boy from Oz.

Read next

In 97 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article