factograf
AF

Hermann Göring

Hermann Göring

Key facts

geboortedatum12 Januarie 1893
sterfdatum15 Oktober 1946
alma materLudwig-Maximilians-Universität München
beroeppolitikus, vlieënier
geboorteplekRosenheim
eggenootCarin Göring
lid van politieke partyNazi-party
prys ontvangPour le Mérite
bekend virGestapo
hoogte1,78m
All data from the card 10
Geboortenaam
Hermann Wilhelm Göring
Geboortedatum
12 Januarie 1893
Geboorteplek
Rosenheim, Beiere, Duitse Keiserryk
Sterfdatum
15 Oktober 1946
Sterfplek
Neurenberg, Beiere, Geallieërde Besseting van Duitsland
Lojaliteit
Duitse Keiserryk (1912–1918) Republiek van Weimar (1923-1933) Nazi-Duitsland (1933–1945)
Jare in diens
1912–1918 1923–1945
Rang
Reichsmarschall
Veldslae/oorloë
Eerste Wêreldoorlog Tweede Wêreldoorlog
Familie
Emmy Göring (vrou) Heinrich Göring (vader) Franziska Göring (moeder) Albert Göring (broer)

Hermann Wilhelm Göring (12 Januarie 1893 - 15 Oktober 1946) was 'n Duitse politieke en militêre leier, oorlogsmisdadiger en 'n lid van die Nazi-party. Hy was een van die invloedrykste Nazi-leiers, en was benewens slim en sjarmant. Sy vader was Heinrich Göring.

Hy was 'n vlieënier in die Eerste Wêreldoorlog en later toe die Nazi-party aan bewind gekom het is hy bevelvoerder van die Luftwaffe gemaak, 'n titel wat hy gehou het totdat hy in die laaste dae van Nazi-Duitsland deur Robert Ritter von Greim vervang is.

Hy was 'n vroeë lid van die Nazi-party, waar hy een die gewondes in Adolf Hitler se mislukte putsch van 1923 was. Toe hy behandeling vir sy wonde gekry het, het hy 'n verslawing aan morfien ontwikkel.

Toe Hitler in 1933 kanselier word het hy Göring as Minister sonder portefeulje aangestel. Een van sy eerste aksies was om die Gestapo te vorm, wat hy in 1934 aan Heinrich Himmler gegee het. Hy het vinnig magtig geword en het gou die tweede magtigste man in Nazi-Duitsland, na Hitler, geword. Hy is opperbevelvoerder van die Luftwaffe gemaak en in 1940 toe Frankryk aan Duitsland oorgegee het is die spesiale rang van Reichsmarschall, wat hom beheer oor alle offisiere in die Duitse militêr gegee het, aan hom gegee.

In 1945 toe Duitsland aan die Geallieërde magte oorgegee het is Göring deur Amerikaanse magte gevange geneem. By die Neurenberg-verhore van 1946 het Göring met sjarme en slim argumente probeer om sy optrede in 'n goeie lig te stel. Hy het gesê hy van die volkslagting onbewus was, en teen die oorlog met Rusland gekant was. Hy het sy bydrae tot die landsbestuur uitgelig en enige aandeel aan Nazi-vergrype probeer minimaliseer. Sy verdediging in die hof was dramaties en selfversekerd en die aanklaers is deur slim opmerkings in die verleëntheid gestel. Verskillende regstruuks is aangewend om die gereg te systap en die gesag van die hof uit te daag. Met sy naderende skuldigbevinding het hy dapper gebly, en omstanders met sy houding beïndruk. Hy het die doodstraf ontvang vir oorlogsmisdade, maar het die aand voor sy teregstelling selfmoord gepleeg.

Read next

In 86 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article