factograf
AF
Sign in

Herbert Marcuse

Herbert Marcuse

Key facts

geboortedatum19 Julie 1898
sterfdatum29 Julie 1979
alma materHarvard-universiteit
beroepfilosoof, sosioloog
geboorteplekBerlyn
sterfplekStarnberg
All data from the card 7
Geboortenaam
Herbert Marcuse
Gebore
19 Julie 1898Berlyn
Oorlede
29 Julie 1979 (op 81)Starnberg
Blyplek
Duitsland, Amerika
Burgerskap
Duits / Amerikaans
Beïnvloed deur
Kant, Hegel, Marx, Freud, Husserl, Nietzsche, Heidegger
Invloed op
Angela Davis, Jürgen Habermas, Abbie Hoffman, Douglas Kellner, Bob Black, Hakim Bey, Andrew Feenberg

Herbert Marcuse (* 19 Julie 1898 – † 29 Julie 1979) was 'n Duits-Amerikaanse filosoof, sosioloog, en politieke teoretikus, wat verband hou met die Frankfurt Skool van die Kritiese teorie. Marcuse is in Berlyn gebore en het by die Universiteit van Berlyn en daarna by die Universiteit van Freiburg gestudeer, waar hy sy Ph.D ontvang het. Hy was 'n prominente figuur in die Frankfurt-gebaseerde Instituut vir Sosiale Navorsing – wat later bekend geword het as die Frankfurt Skool. Hy was getroud met Sophie Wertheim (1924–1951), Inge Neumann (1955–1972), en Erica Sherover (1976–1979). In sy skriftelike werk, lewer hy kritiek op kapitalisme, moderne tegnologie, historiese materialisme en vermaak-kultuur, met die argument dat hulle 'n nuwe vorm van sosiale beheer verteenwoordig.

Sy bekendste werke is Eros en Beskawing (1955) en Een-Dimensionele Man (1964). Sy Marxistiese siening het baie radikale intellektuele en politieke aktiviste geïnspireer in die 1960's en 1970's, beide in die Verenigde State van Amerika en internasionaal.

Biografie

Vroeë lewe

Herbert Marcuse is in Berlyn gebore aan 'n Joodse familie. Hy het sy Ph.D.-proefskrif (op die Duitse Künstlerroman) in 1922 by die Universiteit van Freiburg gedoen. Hy het in 1928 na Freiburg teruggekeer om saam met Edmund Husserl te studeer, en skryf sy habilitasie met Martin Heidegger, wat gepubliseer is in 1932 as Hegel se Ontologie en die Teorie van Historisiteit (Hegels Ontologie und die Theorie der Geschichtlichkeit). Hierdie studie is geskryf in die konteks van die Hegel renaissance wat plaasgevind het in Europa, met 'n klem op Hegel se ontologie van die lewe en geskiedenis, sy idealistiese teorie van gees en dialektiek. Met sy akademiese loopbaan wat deur die opkoms van die Derde Ryk op die langebaan geskuif is, het Marcuse in 1933 by die Institut für Sozialforschung (Instituut vir Sosiale Navorsing), algemeen bekend as die Frankfurt Skool aangesluit. Hy het gevlug na Genève, en daarna na die Verenigde State van Amerika. Marcuse het nie na Duitsland na die oorlog teruggekeer nie, en toe hy Frankfurt in 1956 besoek het was die jong Jürgen Habermas verbaas om te ontdek dat hy 'n belangrike lid van die Instituut was.

Bibliografie

  • Hegel's Ontology and Theory of Historicity (1932)
  • Studie über Autorität und Familie (1936)
  • Reason and Revolution: Hegel and the Rise of Social Theory (1941)
  • Eros and Civilization: A Philosophical Inquiry into Freud (1955)
  • Soviet Marxism: A Critical Analysis (1958)
  • One-Dimensional Man: Studies in the Ideology of Advanced Industrial Society (1964).
  • A Critique of Pure Tolerance (1965)
  • Negations: Essays in Critical Theory (1968)
  • An Essay on Liberation (1969)
  • Five Lectures (1969)
  • Counterrevolution and Revolt (1972)
  • The Aesthetic Dimension: Toward a Critique of Marxist Aesthetics (1978)

Read next

In 67 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article