


Grasui is die Afrikaanse benaming vir Allium schoenoprasum, die kleinste spesie van die eetbare uie.
Dit is 'n gewilde, eetbare meerjarige plant en kom wydverspreid in die natuur voor in groot dele van Europa, Asië en Noord-Amerika. A. schoenoprasum is die enigste uispesie wat inheems is aan beide die Ou- en Nuwe wêreld.
Die wetenskaplike naam van die spesie is afgelei van die Griekse skhoínos (riete) en práson (leek). Die Engelse naam chive is afgelei van die Franse woord cive en van cepa, die Latynse woord vir uie.
Grasuie is 'n algemeen gebruikte plant en kan in kruidenierswinkels gekoop word of in tuine gekweek word. In kookkuns word die lowwe en die onoopgemaakte, onvolwasse blomknoppe in blokkies gekerf en gebruik as 'n bestanddeel vir visgeregte, aartappeldisse, sop en ander geregte. Grasuie het insekwerende eienskappe wat gebruik kan word om peste in tuine te help beheer.
| Koolhidrate | 4.35 g |
|---|---|
| - Suikers 1.85 g | |
| - Dieetvesel 2.5 g | |
| Vette | 0.73 g |
| Proteien | 3.27 g |
| Water | 89.11 g |
| Vitamien A gelyk. 218 μg | 24% |
| - β-karoteen 2612 μg | 24% |
| Tiamien (Vit. B1) 0.078 mg | 6% |
| Riboflavien (Vit. B2) 0.115 mg | 8% |
| Niasien (Vit. B3) 0.647 mg | 4% |
| Pantoteensuur (B5) 0.324 mg | 6% |
| Vitamien B6 0.138 mg | 11% |
| Folate (Vit. B9) 105 μg | 26% |
| Vitamien C 58.1 mg | 97% |
| Vitamien E 0.21 mg | 1% |
| Vitamien K 212.7 μg | 203% |
| Kalsium 92 mg | 9% |
| Yster 1.6 mg | 13% |
| Magnesium 42 mg | 11% |
| Fosfor 58 mg | 8% |
| Kalium 296 mg | 6% |
| Sink 0.56 mg | 6% |
Rou grasui
Voedingswaarde per 100 g Energie 30 kcal 130 kJ Skakel na USDA-databasis
Persentasies is relatief tot VSA
aanbevelings vir volwassenes.
Bron: USDA Voedingstof-databasis
Verwysings
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.
