factograf
AF
Sign in

Gho

Gho
Koning Jigme Khesar Namgyel Wangchuck dra ’n gho en ’n koninklike saffraankleurige kabney.
Koning Jigme Khesar Namgyel Wangchuck dra ’n gho en ’n koninklike saffraankleurige kabney.

Die gho of g'ô (Dzongkha: བགོ, IFA:) is die tradisionele en nasionale drag vir mans in Bhoetan. Die eerste Shabdrung Rinpoche het dit in die 17de eeu ingestel om aan die Ngalop-volk ’n eiesoortige identiteit te verskaf. Dit is ’n knielengtekleed wat om die middel met ’n materiaalgordel, bekend as ’n kera (སྐེད་རགས་), vasgemaak word. Op feesgeleenthede word dit saam met ’n kabney gedra.

Die regering van Bhoetan vereis dat alle mans wat in ’n regeringskantoor of skool werk, die gho dra. Mans dra dit ook by amptelike geleenthede. In sy moderne vorm dateer die wet van 1989, maar die driglam namzha (gedrags-en-klerekode) is baie ouer.

Eksterne skakels

  • Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Read next

In 23 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article