factograf
AF

Gateshead

Gateshead

Key facts

bevolking196 151
oppervlakte21,68km²
is 'ndorp
landVerenigde Koninkryk
All data from the card 12
Land
Verenigde Koninkryk
Land
Engeland
Metropolitaanse graafskap
Tyne and Wear
Metropolitan borough
Gateshead
• Totaal
21,68 km2 (8,37 vk. myl)
• Totaal
120 046
• Digtheid
5 537,2/km2 (14 341/vk. myl)
Tydsone
UTC+00:00 (MGT)
• Somertyd
UTC+01:00 (BST)
Poskodedistrik
NE8-NE11
Skakelkodes
0191
Webwerf
gateshead.gov.uk
Die Angel of the North, 'n beeldhouwerk met 'n hoogte van 20 meter wat deur Antony Gormley geskep is, het die ikoniese simbool van Noordoos-Engeland geword
Die Angel of the North, 'n beeldhouwerk met 'n hoogte van 20 meter wat deur Antony Gormley geskep is, het die ikoniese simbool van Noordoos-Engeland geword
The River Tyne & Baltic Flour Mills, historiese graanmeule aan die Tyne-oewer, is tot 'n kunssentrum omgeskep
The River Tyne & Baltic Flour Mills, historiese graanmeule aan die Tyne-oewer, is tot 'n kunssentrum omgeskep
2 images

Gateshead is 'n groot nedersetting in die metropolitaanse graafskap Tyne and Wear in die noorde van Engeland en die hoofnedersetting in die Metropolitan Borough of Gateshead. Voor die skepping van Tyne and Wear in 1974 het Gateshead histories deel uitgemaak van die graafskap Durham.

Gateshead is aan die suidoewer van die River Tyne en net teenoor die City of Newcastle upon Tyne geleë. Dikwels word na Gateshead en Newcastle as die "Tweelingstad" verwys, en saam vorm hulle die stedelike kern van Tyneside, 'n agglomerasie met 'n bevolking van meer as 800 000. Die twee nedersettings word deur sewe brûe oor die Tynerivier met mekaar verbind, waaronder die bekende Gateshead Millennium Bridge.

Naas dié brug het ook ander ikoniese voorbeelde van moderne boukuns in Gateshead ontstaan, soos die Sage Gateshead, die "Engel van die Noorde" (Angel of the North) en die Baltic Centre for Contemporary Art.

Gateshead was oorspronklik 'n klein nedersetting aan die suidekant van 'n Middeleeuse brug oor die River Tyne wat teenoor die vesting en latere stad Newcastle upon Tyne geleë was en onder die jurisdiksie van die biskop van Durham geval het. Die plaaslike steenkoolvelde het in die tyd van die nywerheidsomwenteling die basis vir Gateshead se snelgroeiende yster- en staalbedryf gevorm en ook bygedra tot Gateshead se vinnige bevolkingsgroei.

Net soos soortgelyke bedrywe in ander streke van Noord-Engeland het ook Gateshead se swaar nywerhede gedurende die 20ste eeu ekonomiese agteruitgang ervaar. Desondanks speel metaalvervaardiging, ingenieurswese, ligte nywerhede en voedselverwerking steeds 'n belangrike rol in Gateshead se ekonomie. Daarnaas het hier met die MetroCentre (tans Intu Metrocentre) een van Europa se grootste winkelsentrums ontstaan.

Na die bewoners van Gateshead en ander nedersettings in Tyneside word in Britse Engels as Geordies verwys.

Read next

In 55 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article