Foshan (Chinees: 佛山) is 'n stad in die Chinese provinsie Guangdong met 'n bevolking van 7 194 311 in 2010. Die stad is in die suidooste van die Volksrepubliek China aan die monding van die Parelrivier in die Suid-Chinese See, noordwes van Hongkong en noord van Macau geleë. Foshan grens in die ooste aan Guangzhou.
Foshan was een van die gasheerstede tydens die Vrouesokkerwêreldbeker 1991.
