Die Vlermuisvisse en Graafvisse (Ephippidae) is 'n vis-familie wat hoort tot die orde Perciformes. Daar is sewe genera met dertien spesies wat hoort tot dié familie en vier van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.
Kenmerke
Die familie se lywe is ovaalvormig met 'n kort kop en steil voorkop. Die bekkenvinne is langer as die pektorale vinne. Die grootte wissel van 20 – 75 cm.
Genera
Die volgende genera en spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:
- Platax
- Platax orbicularis - Ronde vlermuisvis
- Platax teira - Langvin-vlermuisvis
- Tripterodon
- Tripterodon orbis - Graafvis
Sien ook
Bron
- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7
