factograf
AF
Sign in

Ebenaceae

Ebenaceae

Key facts

is 'ntakson
wetenskaplike naamEbenaceae
takson rangfamilie
beskryf deur bronPauly–Wissowa

Ebenaceae is die ebbehout-familie wat hoort tot die orde Ericales. Die naam is afgelei van die Latynse woord ebenus wat 'donkerkleurig' beteken. In die Diospyrus-genus is daar verskeie spesies wat die swart hout, ebbehout, voorsien. Behalwe Diospyrus kom die Euclea-genus ook in Suid-Afrika voor. Al die genera se spesies het enkelvoudige blare en klein vruggies. Die vruggies is wel eetbaar maar onsmaaklik. Die manlike en vroulike blomme word op afsonderlike blomme gedra. Daar kom wêreldwyd 761 spesies in die familie voor waarvan 35 in Suider-Afrika voorkom en daarvan is dertig bome.

Genera

Daar is net drie genera wat aan die familie behoort:

Sien ook

Bronne

  • Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. ISBN 1-86872-527-8
  • Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 ISBN 978 1 77007 832 1
  • Plants of the World Online


Read next

In 56 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article