factograf
AF

Citroën

Citroën

Key facts

datum van stigting of ontstaan04 Junie 1919
is 'nmotor vervaardiger, motor tipe, organisasie
landFrankryk
stigterAndré Citroën
All data from the card 9
Tipe
Société anonyme
Gestig
1919deur André Citroën
Hoofkantoor
Saint-Ouen, Frankryk
Gebied bedien
wêreldwyd
Industrie
Motorvervaardiging
Produkte
Motors, kommersiële voertuie
Werknemers
13 900 (2010)
Divisies
DS, Peugeot, Bugatti
Webwerf
Citroën
Citroën Traction Avant
Citroën Traction Avant
Citroën 2 CV Charleston
Citroën 2 CV Charleston
Citroën DS
Citroën DS
Citroën Survolt
Citroën Survolt
2021 Citröen Ami
2021 Citröen Ami
5 images

Citroën is 'n Franse motorvervaardiger. Die maatskappy is in 1919 deur André-Gustave Citroën gestig en het die eerste massaproduksie-motorfabrikaat buite die VSA geword. Dit was die eerste maatskappy wat 'n verkoop- en diensnetwerk vir hul motorvoertuite tot stand te gebring het. Citroën is sedert 1976 deel van PSA Peugeot Citroën.

Geskiedenis

André Citroën het aan die begin van die 20e eeu 'n motorfabriek geopen. In 1919 bou Citroën die Tipe A, wat 'n groot sukses was. In 1922 kom die 5CV daarby. In die jare 1930 word die 2CV vrygestel, waarvan daar sowat 4 miljoen vervaardig is.

Kenteken

Die oorsprong van die kenteken kan teruggevoer word na 'n reis van die 22-jarige André Citroën na die stad Łódź in Pole, waar hy 'n innoverende ontwerp ontdek het vir 'n chevronvormige rat wat in freeswerk gebruik word. Hy het die patent vir die toepassing daarvan in staal gekoop. Meganies lewer 'n rat met spiraaltande 'n aksiale krag. Deur die toevoeging van 'n tweede heliese, teenoorstaande rat, word hierdie krag gekanselleer. Die twee chevrons van die kenteken verteenwoordig die onderlinge ineenstrengelling tussen die twee. Vroeë Citroënmotors se finale aandrywing in die agteras het van 'n visgraat-keëlrat gebruik gemaak.

In Februarie 2009 het Citroën 'n nuwe handelsmerk-identiteit bekendgestel ter viering van sy 90ste bestaansjaar, ter vervanging van die 1977-ontwerp. Die nuwe kenteken is ontwerp deur Landor Associates - 'n 3D-metaalvariasie van die dubbele chevronkenteken, asook 'n nuwe lettertipe vir die Citroënnaam en die nuwe slagspreuk "Créative Technologie".

Verwysings


Citroën
In produksie: Berlingo • C1 • C3 • C4 • C4 Cactus • C5 • DS3 • DS 4 • DS 5 • C-Elysée • Jumpy • Jumper • C-Triomphe

Histories: Tipe A • C2 • 2CV • Acadiane • Ami 6 • Ami 8 • Ami Super • Axel • AX • BX • CX • C25 • C35 • Dyane • DS • ID • Evasion • GSA • H Van • LN • LNA • M35 • Rosalie • Saxo • SM • Traction Avant • TUB • Visa • XM • Xantia • Xsara • ZX

Citroën-webwerf

Wysig hierdie sjabloon

Read next

In 73 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article