Chattanooga is die vierde grootse stad (ná Memphis, Nashville en Knoxville) in die Amerikaanse deelstaat van Tennessee, en het 'n bevolking van 170 880 in 2008 gehad.
Geografie
Chattanooga lê in die suid-ooste van Tennessee, aan die suide oewer van die Tennesseerivier.
Demografie
In 2000 het die stad 'n bevolking van 155 554 gehad: 59,71% wit, 36,06% swart of Afro-Amerikaans, 0,29% Amerikaanse inboorlinge, 1.54% Asiaties, 0.11% Pasifiese eilanders, 1.01% van ander rasse en 1,3% van twee of meer rasse. Spaans-Amerikaners of Latyns-Amerikaners van enige ras het 2,11% van die bevolking uitgemaak.
