factograf
AF

Benjamin Franklin

Benjamin Franklin

Key facts

geboortedatum17 Januarie 1706
sterfdatum17 April 1790
beroeppolitikus, diplomaat, veelweter
geboorteplekBoston
sterfplekPhiladelphia
eggenootDeborah Read Franklin
All data from the card 16
Vise
Charles BiddleThomas Mifflin
Voorafgegaan deur
John Dickinson
Opgevolg deur
Thomas Mifflin
Voorafgegaan deur
Amp geskep
Opgevolg deur
Thomas Jefferson
Voorafgegaan deur
Amp geskep
Opgevolg deur
Jonathan Russell
Voorafgegaan deur
Amp geskep
Opgevolg deur
Richard Bache
Voorafgegaan deur
Isaac Norris
Opgevolg deur
Isaac Norris
Gebore
17 Januarie 1706 Boston, Nieu-Engeland
Sterf
17 April 1790Philadelphia, Pennsilvanië
Politieke party
Onafhanklik
Eggenoot/-note
Deborah Read
Kind(ers)
William FranklinFrancis Folger FranklinSarah Franklin Bache

Benjamin Franklin (17 Januarie 1705 - 17 April 1790) was een van die grondleggers van die Verenigde State van Amerika. Franklin was 'n bekende veelweter: 'n vooraanstaande skrywer, drukker, satirikus, politieke teoretikus, politikus, wetenskaplike, uitvinder, aktivis, staatsman, soldaat en diplomaat.

As wetenskaplike het sy uitvindings en teorieë rakende elektrisiteit 'n groot bydrae tot die Amerikaanse Verligting en die geskiedenis van fisika gelewer. Hy het ook die weerligafleier, bifokale brille, die Franklin-oond, 'n afstandsmeter vir waens en 'n glasharmonika uitgevind. Hy het die eerste openbare biblioteek in Amerika gestig en die eerste brandweerstasie in Pennsilvanië. Hy was 'n vroeë voorstander van die vereniging van die Amerikaanse kolonies en het, as 'n politieke skrywer en aktivis, die idee van 'n Amerikaanse nasie ondersteun. Tydens die Amerikaanse Revolusie het hy as diplomaat gedien en het hy die Franse alliansie verseker, wat gehelp het om die onafhanklikheid van die Verenigde State te verwesenlik.

Franklin word beskou as 'n fondament van Amerikaanse waardes en karakter, 'n vereniging van die praktiese en demokratiese Puriteinse waardes van spaarsamigheid, harde werk, opvoeding, gemeenskapsgees, selfregerende instellings en teenkanting van outoritarisme (sowel op politieke as op godsdienstige terrein), met die wetenskaplike en verdraagsame waardes van die Verligting.

Hy het 'n koerantredakteur, drukker en handelaar in Philadelphia geword. Hier het hy welgesteld geword en Poor Richard's Almanack en die koerant The Pennsylvania Gazette gepubliseer. Franklin het ook 'n belangstelling in wetenskap en tegnologie gehad en as gevolg van sy eksperimente internasionale aansien geniet. Hy het 'n groot rol in die stigting van die Universiteit van Pennsilvanië en die Franklin & Marshall-kollege gespeel en is as die eerste president van die Amerikaanse Filosofiese Vereniging aangestel.

Franklin het 'n nasionale held in sy tuisland geword toe hy aan die spits gestaan het van 'n poging om die ongewilde Seëlwet van 1764 te herroep. Hy was ook 'n bekwame diplomaat en is in sy amp as Amerikaanse minister in Parys deur die Franse bewonder; hy het ook 'n groot bydrae gelewer in die bevordering van die Frans-Amerikaanse betrekkinge.

Van 1775 tot 1776 het Franklin die pos van Posmeester-generaal beklee en van 1785 tot 1788 was hy die President van die Opperste Uitvoerende Raad van Pennsilvanië. Nader aan die einde van sy lewe het hy 'n prominente voorstander van die afskaffing van slawehandel geword.

As gevolg van Franklin se kleurryke lewe en nalatenskap van wetenskaplike en politieke prestasies, asook sy status as een van Amerika se invloedrykste grondleggers, word hy vandag op munte en banknote en deur die vernoeming van baie dorpe, distrikte, skepe, opvoedkundige instellings en besighede vereer.

Bronne

  • Anderson, Douglas. The Radical Enlightenments of Benjamin Franklin (1997) – fresh look at the intellectual roots of Franklin
  • Buxbaum, M.H., ed. Critical Essays on Benjamin Franklin (1987)
  • Chaplin, Joyce. The First Scientific American: Benjamin Franklin and the Pursuit of Genius. (2007)
  • Cohen, I. Bernard. Benjamin Franklin's Science (1990) – Cohen, the leading specialist, has several books on Franklin's science
  • Conner, Paul W. Poor Richard's Politicks (1965) – analyzes Franklin's ideas in terms of the Enlightenment and republicanism

Read next

In 143 languages

afаԥсшәаAlemannischአማርኛaragonésالعربيةمصرىঅসমীয়াasturianuAymar aruazərbaycancaتۆرکجهбашҡортсабеларуская (тарашкевіца)беларускаябългарскиBislamaবাংলাbrezhonegbosanskicatalà閩東語 / Mìng-dĕ̤ng-ngṳ̄CebuanoکوردیčeštinakaszëbscziчӑвашлаCymraegdanskDeutschZazakiΕλληνικάEnglishEsperantoespañoleestieuskaraفارسیsuomivõroNa Vosa VakavitifrançaisarpetanFryskGaeilgekriyòl gwiyannengalegoAvañe'ẽgungbeHausa客家語 / Hak-kâ-ngîעבריתहिन्दीhrvatskiKreyòl ayisyenmagyarհայերենԱրեւմտահայերէնinterlinguaBahasa IndonesiaIdoíslenskaitaliano日本語JawaქართულიQaraqalpaqshaқазақшаಕನ್ನಡ한국어kurdîкыргызчаLatinaLëtzebuergeschLimburgslombardລາວlietuviųlatviešuMalagasyмакедонскиമലയാളംмонголमराठीBahasa Melayuမြန်မာဘာသာمازِرونیनेपालीनेपाल भाषाNederlandsnorsk nynorsknorskoccitanਪੰਜਾਬੀKapampanganDeitschpolskiPiemontèisپنجابیپښتوportuguêsRuna Simiromânăрусскийसंस्कृतम्Scotssrpskohrvatski / српскохрватскиTaclḥitසිංහලSimple Englishslovenčinaslovenščinashqipсрпски / srpskisvenskaKiswahiliதமிழ்తెలుగుтоҷикӣไทยTürkmençeTagalogtolışitoki ponaTürkçeтатарча / tatarçaукраїнськаاردوoʻzbekcha / ўзбекчаvènetoTiếng ViệtVolapükWinaray吴语isiXhosaმარგალურიייִדישYorùbáVahcuengh文言閩南語 / Bân-lâm-gí粵語中文

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article