factograf
AF
Sign in

Bruto binnelandse produk

Bruto binnelandse produk
CIA World Factbook -syfers van 2005 van totale nominaal BBP (bo) in vergelyking met KKP-aangepaste BBP (onder)
CIA World Factbook -syfers van 2005 van totale nominaal BBP (bo) in vergelyking met KKP-aangepaste BBP (onder)
Wêreldkaart wat nominale BBP per capita per land vertoon. ██ > $64 000 ██ $32 000 – 64 000 ██ $16 000 – 32 000 ██ $8 000 – 16 000 ██ $4 000 – 8 000 ██ $2 000 – 4 000 ██ $1 000 – 2 000 ██ $500 – 1 000 ██ < $500 ██ nie beskikbaar nie
Wêreldkaart wat nominale BBP per capita per land vertoon. ██ > $64 000 ██ $32 000 – 64 000 ██ $16 000 – 32 000 ██ $8 000 – 16 000 ██ $4 000 – 8 000 ██ $2 000 – 4 000 ██ $1 000 – 2 000 ██ $500 – 1 000 ██ < $500 ██ nie beskikbaar nie
BBP (KKP) per capita (IMF, 2008)
BBP (KKP) per capita (IMF, 2008)
3 images

'n Gebied se Bruto binnelandse produk of BBP, is een van die meganismes waarmee die grootte van die ekonomie daarvan gemeet kan word. Die BBP van 'n land word gedefinieer as die algehele markwaarde van al die finale goedere en dienste wat binne 'n land geproduseer word in 'n gegewe tydperk, gewoonlik 'n kalenderjaar. Dit word ook beskou as die som van waarde toegevoeg in elke produksiestadium van al die finale produkte en dienste wat oor 'n gegewe tydperk binne 'n land geproduseer word.

Die mees algemene benadering tot die meting en verduideliking van BBP is die uitgawe metode:

BBP = verbruik + bruto belegging + regeringsbesteding + uitvoere − invoere,

"Bruto" beteken waardevermindering van kapitaalvoorraad word nie afgetrek nie. As bruto belegging deur netto belegging vervang word (wat bruto belegging minus waardevermindering is) in die bostaande vergelyking word die formule vir Netto binnelandse produk verkry. Verbruik en belegging in hierdie vergelyking is uitgawes op finale goedere en dienste. Die uitvoere minus invoere deel van die vergelyking (baie keer netto uitvoere genoem) pas dit dan aan deur die deel van besteding wat nie binnelands geproduseer word nie (die invoere) af te trek, en dan die binnelandse gedeelte (die uitvoere) terug te voeg.

Ekonome verkies om die verbruik gedeelte in twee dele te deel; private verbruik, en openbare sektor (of regerings-) besteding. Twee voordele van die benadering in teoretiese makro-ekonomie is:

  • Privaat verbruik is 'n sentrale aangeleentheid van welvaartekonomie. Die private belegging en handel gedeeltes van die ekonomie word uiteindelik (in hoofstroom ekonomiese modelle) bepaal deur stygings in lang-termyn privaatverbruik.
  • Wanneer dit van endogene privaatverbruik geskei word kan regeringsverbruik as eksogeen beskou word sodat verskillende openbare besteding vlakke sinvol binne 'n makro-ekonomiese raamwerk beskou kan word.

Eksterne skakels

Read next

In 159 languages

afAlemannischaragonésالعربيةالدارجةمصرىasturianuаварazərbaycancaتۆرکجهбашҡортсаBoarischžemaitėškaбеларуская (тарашкевіца)беларускаябългарскиभोजपुरीပအိုဝ်ႏဘာႏသာႏbamanankanবাংলাbrezhonegbosanskiBatak Mandailingбуряадcatalà閩東語 / Mìng-dĕ̤ng-ngṳ̄нохчийнCebuanoکوردیčeštinaCymraegdanskDeutschދިވެހިބަސްΕλληνικάEnglishEsperantoespañoleestieuskaraestremeñuفارسیsuomiføroysktfrançaisNordfriiskfurlanFryskGaeilgeGàidhliggalego𐌲𐌿𐍄𐌹𐍃𐌺Gaelg客家語 / Hak-kâ-ngîעבריתहिन्दीhrvatskiKreyòl ayisyenmagyarհայերենBahasa IndonesiaIlokanoIdoíslenskaitaliano日本語JawaქართულიQaraqalpaqshaқазақшаភាសាខ្មែរಕನ್ನಡ한국어къарачай-малкъарkurdîкомикыргызчаLatinaLëtzebuergeschLadinlombardລາວlietuviųlatviešuमैथिलीMalagasyмакедонскиമലയാളംмонголमराठीBahasa Melayuမြန်မာဘာသာэрзяньمازِرونیPlattdüütschनेपालीनेपाल भाषाNederlandsnorsk nynorsknorskoccitanиронਪੰਜਾਬੀpolskiپنجابیپښتوportuguêsromânăрусскийрусиньскыйсаха тылаᱥᱟᱱᱛᱟᱲᱤsardusicilianuScotsسنڌيdavvisámegiellasrpskohrvatski / српскохрватскиTaclḥitසිංහලSimple EnglishslovenčinaslovenščinaGagana SamoaSoomaaligashqipсрпски / srpskiSeelterskSundasvenskaKiswahiliதமிழ்తెలుగుтоҷикӣไทยTürkmençeTagalogTürkçeтатарча / tatarçaудмуртئۇيغۇرچە / Uyghurcheукраїнськаاردوoʻzbekcha / ўзбекчаvènetoTiếng ViệtwalonWinaray吴语isiXhosaმარგალურიייִדישYorùbáⵜⴰⵎⴰⵣⵉⵖⵜ ⵜⴰⵏⴰⵡⴰⵢⵜ文言閩南語 / Bân-lâm-gí粵語中文isiZulu

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article