factograf
AF
Sign in

Elektroniese stelsels op vliegtuie

Avionika

Avionika

Avionika verwys na al die elektroniese stelsels wat op vliegtuie gebruik word. Die woord is afgelei van die Engelse woord avionics, wat 'n vermenging van aviation en electronics is. Avionikastelsels sluit in kommunikasie, navigasie, radar, die vertoon en bestuur van veelvuldige stelsels en die honderde stelsels wat op vliegtuie aangebring is om individuele funksies te verrig. Dit kan so eenvoudig wees soos 'n soeklig vir 'n polisiehelikopter of so ingewikkeld soos die taktiese stelsel vir 'n vroeë waarskuwingsplatform in die lug.

Read next

In 44 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article