factograf
AF
Sign in

Assur-nirari V

Assur-nirari V

Key facts

geboortedatum800 BC
sterfdatum745 BC
beroepsoewerein
All data from the card 6
Dinastie
Adasi
Bewind
755-745 v.C.
Gesterf
745 v.C.
Voorganger
Assur-dan III
Opvolger
Tiglat-Pileser III
Vader
Adad-nirari III

Assur-nirari V (Nieu-Assiriese wigskrif: , Aššur-nārāri, "Assur is my hulp") was van 755 v.C. tot met sy dood in 745 v.C. koning van die Nieu-Assiriese Ryk. Hy was die seun van Adad-nirari III (bewind: 811-783 v.C.) en het sy broer Assur-dan III as koning opgevolg. Hy het regeer tydens 'n tydperk van Assiriese verval waaruit min bronne bewaar gebly het. Daarom is net breë trekke van sy bewind bekend.

In dié tyd het die Assiriese amptenare al hoe magtiger en Assirië se vyande al hoe gevaarliker geword. 'n Ongewoon klein deel van Assur-nirari se bewind is gewy aan veldtogte teen buitelandse vyande, wat miskien dui op politieke onstabiliteit binne Assirië. In 746 of 745 v.C. was daar volgens rekords 'n opstand in Nimrud, die Assiriese hoofstad.

Assur-nirari is deur Tiglat-Pileser III opgevolg, maar dit is onbekend op watter manier. Tiglat-Pileser was óf sy seun óf sy broer. Hoewel tradisioneel aangeneem word dat Tiglat-Pileser hom van die troon gesit het, is dit ook moontlik dat die opvolging wettig was en dat die twee vir 'n kort ruk saamregeer het.

Skakels

  • Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.

Read next

In 34 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article