factograf
AF

Antony Beevor

Antony Beevor

Key facts

geboortedatum14 Desember 1946
beroepromanskrywer, historikus
geboorteplekKensington
All data from the card 3
Gebore
14 Desember 1946
Nasionaliteit
Engeland
Beroep
Skrywer, historikus

Sir Antony James Beevor (gebore op 14 Desember 1946) is 'n Engelse militêre geskiedkundige. Hy het verskeie gewilde historieë betreffende die Tweede Wêreldoorlog en die 20ste eeu oor die algemeen gepubliseer.

Eerbewyse

Beevor is aangestel as 'n Ridder Bachelor in die 2017 Nuwejaars-eerbewyse vir "dienste ter ondersteuning van Gewapende Magte se Professionele Ontwikkeling".

Beevor is 'n Chevalier de l'Ordre des Arts et des Lettres, 'n lid van die Orde van die Kruis van Terra Mariana en 'n kommandeur van die Orde van die Kroon (België).

Beevor is in Julie 2016 as 'n eregenoot van King's Kollege Londen verkies. 'n Honorêre D.Litt. van die Universiteit van Bath is in 2010 aan hom toegeken, en 'n eredoktoraat van die Universiteit van Kent is in 2004 aan hom toegeken

Beevor het vir sy boek Crete: The Battle and the Resistance die Runciman-prys gewen (die prys word geadministreer deur die Anglo-Hellenistiese Liga) vir die bevordering van belangstelling in die Griekse geskiedenis en kultuur.

Beevor se werk is erken met die Pritzker Militêre Museum en Biblioteek se Literatuurtoekenning vir 2014 vir sy "Lewenslange Prestasie in Militêre Geskiedskrywing". Die outeur, Tim O'Brien, (die 2013 ontvanger) het die aankondiging namens die verkiesingskomitee gemaak. Die toekenning is vergesel van 'n kontantprys van $VSA 100,000.

In Julie 2016 is die Medlicott-medalje aan Beevor toegeken vir sy dienste aan geskiedenis deur die VK-gebaseerde geskiedkundige genootskap.

Beevor sit ook op die Raad van die Genootskap van Outeurs.

Pryse

  • Crete: The Battle and the Resistance
    • Runciman-prys
  • Stalingrad
    • Samuel Johnson-prys vir Nie-fiksie
    • Wolfson Geskiedenis-prys
    • Hawthornden-prys vir literatuur
  • Berlin:The Downfall 1945
    • Longman-geskiedenis vandag trustees-toekenning
  • The Battle for Spain: The Spanish Civil War 1936-39 (Spaanse Uitgawe)
    • La Vanguardia-prys vir Nie-fiksie

Gepubliseerde werke

Beevor het in totaal dertien boeke geskryf. (beide romans en nie-fiksie).

Boek Jaar Tipe Gepubliseer Ander
Violent Brink 1975 Roman Eerste gepubliseer deur John Murray, Londen
The Faustian Pact 1983 Roman Jonathan Cape, Londen
For Reasons of State 1980 Roman Jonathan Cape, Londen
The Spanish Civil War 1982 Nie-fiksie Eerste gepubliseer deur Orbis, Londen ISBN 9780141001487
The Enchantment of Christina von Retzen 1989 Roman Weidenfeld en Nicolson, Londen
Inside the British Army 1990 Nie-fiksie Chatto en Windus, Londen
Crete: The Battle and the Resistance 1991 Nie-fiksie John Murray, Londen ISBN 9780140167870
Paris After the Liberation, 1944–1949 1994 Nie-fiksie Mede-geskryf met sy vrou, Artemis Cooper. Gewysigde uitgawe 2004
Stalingrad 1998 Nie-fiksie Viking Press, Londen, later deur Penguin, Londen Vertaal in ses-en-twintig ander tale. ISBN 9780670870950
Berlin: The Downfall 1945 2002 Nie-fiksie Penguin, Londen Gepubliseer as The Fall of Berlin 1945 in die VSA ISBN 9780670030415
The Mystery of Olga Chekhova 2004 Nie-fiksie (Sien Olga Chekhova) ISBN 9780670033409
The Battle for Spain: The Spanish Civil War 1936–39 2006 Nie-fiksie ISBN 9780143037651 Spaanse uitgawe gepubliseer in 2005. ISBN 9780143037651
D-Day: The Battle for Normandy 2009 Nie-fiksie Penguin Books, Londen ISBN 9780670021192
The Second World War 2012 Nie-fiksie W&N ISBN 9780316023740
Ardennes 1944: Hitler's Last Gamble 2015 Nie-fiksie Viking ISBN 9780670918645
Arnhem: The Battle for the Bridges, 1944 2018 Nie-fiksie Viking ISBN 9780241326763

Antony Beevor het verskeie boeke geredigeer, insluitende:

  • A Writer at War: Vasily Grossman with the Red Army 1941–1945 deur Vasily Grossman. ISBN 9780375424076

Hy het ook bygedra tot verskeie ander boeke, insluitende:

  • The British Army, Manpower and Society into the Twenty-First Century, red. deur Hew Strachan
  • What Ifs? of American History: Eminent Historians Imagine What Might Have Been, deur Robert Cowley (Redakteur), Antony Beevor en Caleb Carr. (2003)

Eksterne skakels

  • Amptelike webwerf
  • Antony Beevor Stalingrad Berlin - The Downfall 1945
  • Antony Beevor bespreek sy boek oor die Spaanse Burgeroorlog Geargiveer 15 Januarie 2010 op Wayback Machine
  • Verskynings op C-SPAN
  • Onderhoud oor The Second World War by die Pritzker Military Museum & Library op 21 Junie 2012
  • Sir Antony Beevor op Desert Island Discs, BBC Radio 4, 19 Februarie 2017

Read next

In 32 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article