factograf
AF

hoë titel wat aan Sjiïtiese geestelikes gegee word

Ajatolla

Ajatolla

Ajatolla (Arabies: آية الله; Persies: آیت‌الله; Engels: ayatollah) is 'n hoë titel wat aan Sjiïtiese geestelikes gegee word. Die woord beteken "teken van God" en dié wat die titel het, is kenners van Islam, asook regspraak, etiek en filosofie. Meestal gee ajatollas les aan godsdiensskole. Sommige het die titel groot-ajatolla.

Bekende ajatollas:

  • Ruhollah Khomeini, wat die Iranse Rewolusie gelei het.
  • Hoessein-Ali Montazeri, een van die grondleggers van die Iranse Rewolusie, vanaf 1989 'n teenstander van ajatolla Khomeini en van die huidige politieke stelsel is Iran.
  • Ali Khamenei, die huidige geestelike leier van Iran, aanhanger van die konserwatiewes.
  • Ali al-Sistani, die hoogste Sjiïtiese geestelike in Irak.
  • Mohammed Hussein Fadlallah, uit Libanon.

Read next

In 74 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article