Die Plooibekke (Gerreidae) is 'n vis-familie wat hoort tot die orde Perciformes. Daar is agt genera met veertig spesies wat hoort tot dié familie en ses van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.
Kenmerke
Die familie se lywe is plat en lang-ovaalvormig en bedek met groot skubbe. Die bek kan afwaarts uitgestrek word. Die grootte wissel van 20 – 37 cm.
Genus
Die volgende genus en spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:
- Gerres filamentosus - Sweepvin-plooibek
- Gerres longirostris - Kleinskub-plooibek
- Gerres macracanthus - Langstraal-plooibek
- Gerres methueni - Gelykvin-plooibek
- Gerres oblongus - Langwerpige plooibek
- Gerres oyena - Slankstekelplooibek
Sien ook
Bron
- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7
Eksterne skakel
- http://www.fishbase.us/summary/FamilySummary.php?ID=326
